As dogter van koning Saul lei Mikal ‘n bevoorregte lewe – maar ‘n lewe wat oorheers word deur haar pa se onvoorspelbare buie en die mededinging van haar beeldskone ouer suster. As jong meisie raak sy verlief op die aantreklike jong lierspeler Dawid. Maar nie lank na die begin van hulle romanse nie moet Dawid vlug vir sy lewe en word Mikal oorgelaat aan haar pa se genade.
Sal Mikal ooit weer met Dawid herenig word? Of is sy gedoem om vir altyd van hom geskei te wees?


