Jesus was goed met verhoudings. Hy is die Kenner op die gebied.
Hoe oorbrug ons die gaping oor verhoudings? Aan die een kant van die gaping is die werklikheid van mislukte huwelike, afwesige ouers, opstandige kinders, ontroue vriende en kerkgroepe wat skinder. Aan die ander kant van hierdie gaping moet ons die woorde van Jesus in gedagte hou: “Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhe, Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhe” (Johannes 13:34)



