Diane sukkel van jongs af met ‘n eetversteuring. Tot sy Robert ontmoet, ‘n aantreklike man wat haar help en aanvaar net soos sy is en met wie se steun sy weer kans sien vir die lewe.
Robert het haar nog altyd liefgehad en onderskraag, maar nou duik ernstige vrae op: Wie is die vrou wat se Robert is die pa van haar kind? Het Robert ‘n verlede waarvan Diane niks weet nie? Hoekom sal Robert haar nou in die steek laat? Diane wil haar outistiese seuntjie ook ten alle koste help. Of is sy juis die oorsaak van haar kind se probleme?
Wanneer Diane uitvind wat werklik aan die gang is, kom sy voor groot besluite te staan.



