Die leser leer ken met vreugde die sentrale ervarende persoonlikheid as iemand wat telkens weer terugkom op ‘n klein kern van basiese temas:
die rykdom en weelde van menslike verhoudings
die kulturele diversiteit van Suid-Afrika
die wye spektrum van haar vaderland se geografiese ruimtes
die geborgenheid in die klein vaderland wat haar gesin is,
die wye betekenis van die Kersgebeure,
‘n besorgdheid oor en betrokkenheid by veral twee groot node van haar land; die van onderwys en die van vrede.




