Dokter Simon Hesselman is paleisdokter vir sjeik Yusuf bin Ajat van Aboe Jaktar. Sjeik Yusuf vra hom om na El Ariem te reis, na die paleis van sy ou vader, sjeik Tobia. Die ou man is al geruime tyd siek en word niks beter nie, nieteenstaande die medisyne wat sy dokter, Jakov Worma, vir hom gee. Sjeik Yusuf het groot vertroue in Simon.
Dit blyk gou dat daar iemand is wat wil sorg dat Simon en sy medereisigers nie by sjeik Tobia uitkom nie. Wie is dit en wat is die motief….?



