Toe Arjan Teske na dertien jaar weer voor haar staan, is daar niks buiten sy smeulende oe en soel vel wat Julia Kleinhans aan die kaalvoet-Sigeunerseun in Holland herinner nie.
Daardie week in hulle tienerjare het hulle egter nie net in verskillende werelde geslinger nie, maar hulle ook onherroeplik verander – want niks en niemand in al die jare sedertdien kon vergelyk met wat hulle toe gehad het nie…