Elanie Bezuidenhout het lankal geleer dat meisies uit Genadedal nie goed genoeg is vir aantreklike ryk jong mans nie. Haar pa se onverwagse dood laat haar weerloos en alleen, en sy aanvaar huiwerig Wynand Wessels se hulp en vertroosting. In die woonstel op sy kleinhoewe voel sy veilig en gelukkig, en sy begin stadig weer vertroue kry in die mansgeslag.
Daarom is die skok van Wynand se verraad so groot. Elanie ontdek dat haar en Wynand se ontmoeting fyn beplan is, dat sy hulp ‘n rookskerm was, en dat sy saam met haar oorlede pa onder verdenking staan…