“Daar is ouers wat hulle kinders nie liefhet nie, glo my!”
“Jy weet.” Dit is nie ‘n vraag nie. Skielik weet sy dit net.
“Ek en duisende ander!” se hy bitter.
Sy wil met hom praat, hom vertel dat sy skielik soveel dinge verstaan. Dat die verwerping van ‘n ouer die ergste soort verwerping is. Dat dit jou stroop van enige menswaardigheid…jou emosioneel so kruppel kan maak dat dit moeilik is om staante te bly…