Marga Naude se enigste suster, Netta, sterf na ‘n oordosis kokaine. Vriende van Netta lig Marga in dat Kurt Fischer, die bekende Suid-Afrikaanse akteur, die verskaffer van die dwelms was. Marga besluit om Kurt te gaan konfronteer, maar beland in ‘n motorongeluk, wat haar blind laat.
‘n Weldoener ontferm hom oor Marga, maar doen self ‘n handbesering in die proses op. Hy stel homself as Basie voor en hulle raak verlief op mekaar.
Ongelukkig is die wee van die liefde nie altyd sonder struikelblokke nie. Dan is daar nog Kurt Fischer en Netta se dood wat om vergelding roep…



