Lynn Breytenbach is gebroke toe haar man en Downsindroomdogtertjie in ‘n motorongeluk sterf. Sy bedank as kleuterskoolonderwyseres omdat sy dit nie kan verduur om elke dag kinders van klein Madelyn se ouderdom om haar te he nie, en besluit om ‘n nuwe lewe elders te begin.
Sy kry die pos as blommerangskikker op die asemrowende roosplaas Gerbershoek, en toe die aantreklike wewenaar-eienaar, Peet Gerber, haar openlik die hof begin maak, glo sy dat sy tog weer geluk sal vind.
Dan ontdek Lynn egter dat geen aardse paradys volmaak is nie, en dat haar eie verlede, waarvan sy Peet nooit alles vertel het nie, uiteindelik die grootste bedreiging vir haar geluk inhou.



