In 1946 kry Dieter Bergman, ‘n senior polisieman, instruksies om mev Denk per trein te vergesel van Windhoek na Kaapstad, waar sy voor ‘n Gekose Komitee van die Parlement moet getuig. As daar bewys kan word dat Malan met die Nazi’s meegewerk het tydens die Tweede Wereldoorlog, kan hy van hoogverraad aangekla word en sal dit die einde van sy politieke loopbaan beteken.
Tussen die privaat ruimtes van die kompartemente en die kommunale ruimtes van die gange en die eetwa speel daar tydens hierdie lang treinreis ‘n donker, spanningsvolle maar ook sensuele verhaal af…




