Paul en Dominique se sorgelose kinderdae op ‘n Vrystaatse plaas is ewig verby wanneer hulle ouers se linkse politiek die skoollewe op die dorp onmoontlik maak. Hulle word weggestuur na kosskole in Natal.
Paul is ‘n belowende digter, sy suster sy vertroueling. Maar Paul is vol woede en sy ontwaking word ‘n afwaartse spiraal.
Hy vlug Londen toe om die bedrukking van Suid-Afrika te ontsnap, maar hy gaan ook sy dood tegemoet.
Die boek is gebaseer op ware verhaal.





