Hierdie is ‘n meevoerende roman oor die geskiedenis van die Afrikaanse perswese in die Noorde. Dit gaan oor die heroiese pogings om Afrikaanse koerante in Johannesburg te vestig.
Dirk Richard, met sy lewenslange intieme kennis van die Afrikaanse perswese, verweef feite en fiksie om unieke perspektief te gee op ‘n veelbewoe tyd waarvan ons die gevolge nog lank sal voel…



