Noah en Emily Carter was nog altyd bestem om saam te wees – van hul eerste ontmoeting, hul opwindende verlowing en pragtige troue, tot by hul gelukkig-vir-ewig-en-altyd-lewe. Hul liefdesverhaal is spesiaal en meer as ‘n miljoen aanhangers stem saam. Maar agter die perfek-gestileerde foto’s en bemoedigende boodskappies op sosiale media is alles egter nie maanskyn en rose nie.
‘n Gebroke Emily reik uit na haar vriendin en vertel haar die waarheid: sy en Noah het besluit om uitmekaar te gaan. Hy trek die volgende dag uit. Daar gebeur egter vreemde dinge deur die loop van die aand en sy lewe neem ‘n bisarre wending. Sal Noah ‘n tweede kans gegun word om reg te maak wat hy vandag verbrou het? Want dit sal ‘n wonderwerk kos om te kan terugkeer na gister.