Vir meer as dertig jaar probeer Kyle om die gat in haar binneste vol te maak. Die gat wat oopgeruk is toe sy haar ma met onsiende oë langs die geel linoleumtafel aangetref het. So lank al probeer sy Die Oros vir die siel vind wat haar ma voortdurend ontwyk het.




