In Broodsonde neem sy jou saam op reis; van haar kinderjare op Grootfontein waar sy vir haar Bybelhoenders skoolgehou het, tot in Engeland waar sy ‘n Granny opgepas het om haar kalkoenkampie staande te hou na ‘n gemors met foreign exchange. Dis my Myta. Ek het haar sien worstelbid op haar rots by Schoenmakerskop; haar hoor huil in die koffiebossieveld. Ek was getuie van haar opdraandes en afdraandes.




