In een rampspoedige oomblik verdwyn miljoene mense oor die hele wêreld.
Diegene wat agterbly, word deur oorlog, hongersnood, siektes en natuurrampe in die gesig gestaar. Dit alles gaan so verwoestend wees dat slegs ‘n kwart van die mensdom gaan oorleef, en vir die vyande van die Antichris en sy nuwe wêreldorde is die kanse op oorlewing nog skraler.




