Die aand nadat sy haar laaste matriekvak geskryf het, hou Mia-Mari saam met haar maats partytjie, en verdwyn later saam met die onweerstaanbare Wynand Malan na sy hotelkamer…
Ses jaar later loop hulle mekaar weer raak, en hoewel sy hard probeer om hom te verag, laat hy haar verraderlike hart flikflakke van opwinding doen as hy in die omgewing is. Wynand doen sy bes om haar guns en vergifnis te wen; tog weier sy, sy attensies, want is hy nie die een wat vir haar ellende verantwoordelik is nie?
Dinge is egter nie altyd soos hulle op die oog af lyk nie – is ‘n gelukkige toekoms dalk tog vir hulle twee moontlik?