,

Die versoeking van Thomas Maas

R100.00

Author: Chris Karsten

Condition: Used – Very Good

Out of stock

Guaranteed Safe Checkout

Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, nou as private speurder, is ‘n bisarre een. Donna Maas, huisvrou en eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het ‘n skelmpie. En dit is Ella se taak om met die bewyse vorendag te kom.

Die roman begin egter by die einde van die verhaal, waar Ella haar finale verslag optik. Daar dryf ‘n lyk in die water, maar vir eers weet ons nie wie die slagoffer is nie, en nog minder, wie die skurk.

Is Thomas Maas ‘n blinkstefaans? En wat van die ander rolspelers – op watter manier is hulle aandadig? Dalk Thomas se vrou, die tuisteskepper, Donna, of hul tienertweeling, of dan Thomas se skoonpa, Rolf, wat op die rand van alzheimers huiwer. Oplaas is daar ook die beeldskone Amalie Rojas, hoof van ‘n perdryskool, met slanke enkels en altyd met armbande wat klingel…

 

Shopping Cart