In 1970 word FA Venter boer op Cirene, net buite Vredendal in die Olifantsriviervallei – daardie vallei wat eens die geil, ongerepte paradys van bruines was, maar mak gemaak is, georden deur intrekkers wat geweet het hoe om hierdie streek te benut en te ontwikkel.
Dit is ‘n boek vol begrip vir die onterfdes, die misdeeldes van ons samelewing; ‘n boek van waarheid.



