,

‘n Sot op ‘n plot

R50.00

Author: HS van Blerk

Condition: Used – Very Good / As good as new

Out of stock

Guaranteed Safe Checkout

Om met ‘n veeleisende vrou en ‘n swetterjoel skreeuende kindertjies in ‘n flet in die stad te bly, jou dae as salaristrekker by Jouns, Jouns, Jouns & Jouns Jnr, etc. te slyt en op Sondae siek te moet speel om aan die gewoel te ontsnap, is genoeg om enige man tot kensheid te dryf. Die dat Lambertus Purgier nie moeilik oor te haal is wanneer Vroulief besluit genoeg is genoeg nie: Met die hoop op ‘n lassie van skoonpa Kleinstuiwer, word die Purgiers die trotse eienaar van Sukkelaarsverdriet 230 – vol planne om hul nuwe lewe as “plotselinge” met oorgawe aan te pak.

Maar die plotlewe het sy eie stel reels. Dit leer Purgier gou wanneer chroniese gebrek aan drinkwater, die skrikbewind van ‘n hanslam en die temptasie van ‘n buurvrou in shortie-pajamas sy eens voorspelbare lewe kompliseer. Bowendien kom pak die skoonfamilie by die groeiende Purgier-gesin af…en is dit gou duidelik dat daar van aandele in skoonpa Kleinstuiwer se reilwei-pensioen geen sprake is nie.

Die lewe op die plotte is allermins vir sotte bedoel!

Shopping Cart