Die vrolike, beminlike Shelby Parker is in Pendaran gebore, bestem om ‘n eenvoudige lewe te lei. Tog sien haar moeder, Daria, en almal om Shelby haar bekoorlikheid raak. Onder hulle wat diep onder die indruk van Shelby se innemendheid en sagte hart kom, is die koning en koningin van die Huis van Markham, wat op soek is na ‘n vrou vir hul wewenaarseun, prins Nikolai.
Getrou aan tradisie stem Shelby en Nikolai in tot ‘n gereelde huwelik. Terwyl Nikolai ‘n ware heer is in ander se teenwoordigheid, bly hy egter terughoudend en afsydig tuis en wanneer hulle alleen is, sodat Shelby maar net kan wonder oor wat in sy hart omgaan.
Sal die prins haar ooit so lief kan he soos hy sy eerste vrou gehad het? Kan die geloof wat hulle deel hulle help om die grense tussen hulle te oorbrug?