,

Daai Dae

R45.00

Author: Ben Beukes

Condition: Used – Good

Out of stock

Guaranteed Safe Checkout

Dink ek so by my sigsellers dat daai dae, wat so lekker was, eintlik tog aan die lewe gehou kan word deur lekker stories te vertel en te lag. Vandat Jan Spies, Tolla van der Merwe, Koos Meyer en Pieter Pieterse, nie meer met ons is nie word die stories al minder en minder. Wat ‘n verlies!

Wonder ek so in my stille uurtjies wat uiteindelik van humoristiese stories gaan word. Want deesdae kyk almal skottel tiee wiee, speel video speletjies, of sit en ginne gaap voor ‘n rekenaar en surf die internet. So word ons in die tye, waarin ons lewe vandag, toegesluit agter hoe mure, veiligheidshekke en alarmstelsels.

Ja, daai dae, toe ons nog saans met oop deure op ons stoepies kon sit, saam om ‘n stronkvuur warm word, en na stories luister, is byna iets van die verlede. Aan die anderkant, en ten spyte van die sogenaamde ander tye waarin ons voortbeur, kan al die lekker stories lewendig gehou word deur passievol daarna te bly soek.

Hierdie storietjies kom van oral oor – hulle is steeds daar, dalk al vergete en begrawe, maar as ons op hulle afkom kan ons hulle afstof en weer mooi inkleur vir die nageslag.

Shopping Cart