Die groot oorlog van die eindtyd woed. Miljoene Christene sterf en dan, onverwags, gaan die grafte oop en staan die gelowiges op uit die dood en vaar hulle saam met die nog-lewendes op na Jesus se stem in die wolk. Direk hierna verskyn Jesus en sy heilige opgevaardes op die Olyfberg en vind daar ‘n groot aardskudding plaas toe iets soos ‘n vuurspuwende berg in die see val. Die branders styg so hoog dat die eilande en kusgebiede onder die see verdwyn.
In hierdie Bybelstudie oor die eindtyd nooi Elizabeth jou om God se raadsplan met die wereld saam met haar vanuit die Bybel te ontdek. Vir antwoorde in waarheid het haar gebede deurentyd opgegaan en is hierdie studie se soeke na nuwe insig, baie verskillend val die die vorige publikasies oor die eindtyd.




