Adele Bothma het kanker. Haar twee dogters San en Bella versorg haar. Siekte en die dood bring hulle in direkte kontak met hulleself, en mekaar. Konfrontasie is onvermydelik tussen Bella en die verantwoordelike San.
Dit is ‘n roman oor moeders en dogters, oor die soet en die bitter in die lewe en die dood. En die onlosmaaklike band tussen susters.




