Na die nag se wei lei Nosibanzi sy trop terug na die rivier. Die water voel vreemd. Golwe klots teen hulle pense en die sand is los onder hulle pote. Skielik sien Nosibanzi ‘n muur van water wat bruisend op hulle afkom. Sy waarskuwing word verdrink deur ‘n donker golf wat hulle oplig en wegsleur, verby die riviermond en tot in die see….
Huberta se swerftog is die merkwaardige verhaal van ‘n wilde dier wat dwarsdeur die wereld bekend en geliefd geraak het.




