Lalie is ‘n enigmatiese vrou. Bedags boer sy op ‘n plaas, saans woon sy in ‘n huis van blou ysterklip en sandsteen.
Vaardig hanteer sy bok, perd, slang en bul. Sy is meer tuis in die natuur as in haar man se arms. Maar Lalie het die nag nodig; sy wil swem tot die sterre in die water skyn, tot die maan op is. Hierdie wildheid dryf haar oorkant die rivier na Johan toe. Maar die klaende stemme van die ooie, die stil aanklag van herkouende beeste, laat die skuldgevoel al dringender opklink….