Dit vertel die verhaal van Izak Mostert wat na sy geslaagde beenmurgoorplanting en die amputasie van sy bene, stadig weer sy lewe aanmekaar begin las. Hy is verbitterd oor verskeie dinge: sy vrou en kind wat in ‘n kaping gesterf het, sy aangenome status en gevoel van verwerping, sy amputasies en kanker en die feit dat sy tydrendae verby is. Hy lei ‘n lewe van ontkenning en het sogenaamde blinde kolle, dinge waarvan hy nie wil weet en erken nie.
Vir Izak is dit moeilik om aan God se Vaderhart te glo en ook dat hy ‘n God van genade is. Maar die nuus dat Emma Opperman sy tweelingsuster is en haar motivering om meer van haar herkoms te wete te kom, oortuig Izak om haar te help met haar soektog om hulle biologiese ouers te vind.
Hy word tydens sy herstel ondersteun deur Emma se vriendin Simona en daar ontstaan ‘n vriendskap tussen hulle. Stadig bemeester hy sy kunsbene, en daar is hoop dat hy weer eens sy tydwedrenmotor kan bestuur. Op hierdie manier ontmoet hy die pragtige, blinde rooikop, Jody Muller.
Sal Izak en Emma die raaisels oor hulle verlede kan ontrafel? En sal Isak leer om weer lief te hê?