Annelize Richter se losieshuiskamer en die verwaarloosde biblioteek wat in ‘n ou huisie ingerig is, is genoeg om haar te laat terugverlang na haar eie kamer en stadskantoor.
Daar was orde en lugreeling…In die stad is egter ook haar afsydige ma wat haar onterf het en die se nuwe man wat stink sigare rook en vir wie Elizabeth Kat bang is.
Met die eerste oogopslag is haar nuwe woonplek vaal en warm, haar nuwe werk ‘n onbegonne taak, maar gaandeweg kry sprokies lewe in die eens stowwerige biblioteek en onthou Annelize haar dogtertjiedroom: sy wil trou met ‘n man wat met bokkies boer…