“Dawid se jubeljaar” is kortverhale waarin die hoop op herstel, genesing en geluk, ten spyte van swaarkry, die middelpunt vorm. Al hierdie verhale is sterk gefundeer in Christelike beginsels. Die titel van die bundel verwys na die bepaling in Oud-Israel dat elke vyftigste jaar ’n jubeljaar in die land moes wees, waarin alle skuld afgeskryf word en slawe vrygestel word en selfs die grond toegelaat word om te rus. So ’n jubeljaar breek vir die plaasvoorman Dawid in die titelverhaal aan wanneer sy vervreemde vrou na baie jare onverwags uit die stadslewe na hom terugkeer en hulle geleentheid kry om alle skuld tussen hulle af te skryf.
Afrikaans Fiksie, Fiction, Religion
Dawid se jubeljaar
R30.00
Author: Marzanne Leroux-Van der Boon
Condition: Used – Very Good
Availability: 1 in stock