Die Skerpioene is dood, land lewe die Skerpioene…in die geheim, in donker, dodelike en soms skreeusnaakse situasies.
Ontmoet Paul C Venter se nuwe, oorspronklike helde van die Afrikaanse speurverhaal: oud-Skerpioene Flip Pienaar en Connie Kotze wat nie sommer net so uitgefaseer wou word nie, en nou die goeie fight voorsit om die gierige varke van ons wye en droewe land uiters senuweeagtig te hou.
Daar word gereeld ‘n liggaam in die Honeydew Hacienda meenthuiskompleks aangetref waar die tweeling Johannes en Ester Smuts woon. Die tieners begin flink speurwerk doen, maar die situasie is groter as hulle oorskatte vermoens, en uiteindelik is dit Pienaar en Kotze wat agter die kap van die byl moet kom…