Met hierdie roman bring Pieter W Nel hulde aan die geliefde prosaskrywer, Elmar Steyn, met ‘n tipiese ou Kaapse verhaal soos net Elmar Steyn dit kon skryf.Johan Elmar, sewende Graaf van Steynhoven woon op hulle uitgestrekte landgoed, Chateau Elmar, in die heuwels van Friesland. Sy vrou Angelique word skielik siek en verdwyn geheimsinnig kort na hulle seun, Jean, se vyftiende verjaarsdag. Saam met haar het die juweel van Djakarta van onskatbare waarde, saam met familie juwele verdwyn.
Wat het van die juweel van Djakarta geword? Dit sal die leser boei en laat wonder tot aan die einde van die verhaal…


