‘n Jong man wat voluit, roekeloos, met drif leef en glo dat hy onoorwinlik is. Totdat die onnoembare gebeur . . .
Die verteller bied sy verhaal met nugterheid en humor en self-ironie aan; hy praat oor sy medemens met insig en deernis. Stoffel Mathysen se wedervaringe as staptoer-veldwagter en sy swerftog deur Afrika sal oud en jonk boei en geen leser onaangeraak laat nie.



