Die pakkende, volbloed-verhaal gaan oor ‘n groepie offisiere in die gedugte Franse valskermtroepe – die soldate wat nie lank gelede nie die bloedige rebellie in Algerie moes probeer stuit.
Dit is ‘n soldateverhaal en geen doekies word gedraai om wat die karakters op die slagveld of in hul afleiding gedoen en gese het nie…





