Max tel die teels …een twee drie. Sy naam het drie letters….een twee drie. Sy hande was hy sestien keer ‘n dag, en die tuinbankie meet hy met ‘n maatband vyf keer ‘n dag. Tot hy by Strubenshof Privaat Hospitaal begin werk, as portier.
Nou moet Max op sy tande kners. Hy mag nie gril vir die broos pasiente in sy rolstoel nie; hy moet hulpvaardig en simpatiek wees, en nooit wys watter storm in hom woed nie. Maar soos die tyd verby gaan kom hy agter hy tel nie meer die badkamerteels nie, en hy begin saamlag as die verpleegsters en hospitaalklerke hom terg.
‘n Nuwe lewe het pas vir Max begin….