Elie Hartslief is deesdae amper respektabel en mnr. Morkel van Morkel Wealth se regterhand. Wanneer sy saggeaarde broer Basie se lyk langs ‘n afgeleë pad gevind word, word die Hartslief-clan van Brixton egter genoodsaak om laer te trek.
Elie is die brein; Antie Engel met haar sopkombuis en sesde sintuig die hart; neef Boela met die slaghuis die spiere; en die verfynde kok Moks met sy hlderkleurige mohican en mdeiwietkoekies die bek.
Hulle kom egter teen gedugte teenstanders te staan; die berugte King of Sleaze en sy huurmoordenaar Lood.



