Mackenzie Allan Philips se jongste dogter, Missy, word ontvoer gedurende ‘n familie vakansie en getuienis dat sy dalk vermoor is word gevind in ‘n verlate shack diep in die Oregon wildernis. Vier jaar later in die midde van sy Groot Weemoed, ontvang Mack ‘n verdagte nota, moontlik van God, wat hom terug nooi na die shack toe vir ‘n naweek.
Teen sy beterwete arriveer hy een wintermiddag by die shack en bevind homself in die middel van sy donkerste nagmerrie. Wat hy by die shack ontdek sal Mack se wereld vir altyd verander.
In ‘n wereld waar godsdiens al hoe meer irrelevant word, worstel Die Shack met die tydlose vraag, “Waar is God in ‘n wereld so gevul met onuitspreeklike pyn?”. Die antwoorde wat Mack kry het die potensiaal om jou net so diep te raak en te verander soos vir hom. Jy sal wil he elkeen wat jy ken moet hierdie boek lees.