“Saggies steek Ingi haar hand uit en raak aan Stom Taljaner se wang, ‘n aanraking so sag soos die van ‘n vlinder wat neerstryk. Het hy my lief? wonder sy, die man wat so anders optree as al die ander mans wat ek geken het. Hy volg my soos ‘n ou, blinde hond met daardie snuifneus. Maar hy steek bykans nooit ‘n hand na my uit nie; hy raak my nie aan nie; hy eis niks nie. Skynbaar ken hy nie begeerte nie; dalk is daar in daardie donker, stil grot wat hy bewoon, niks meer oor van die gewone dinge wat jy met liefde en aangetrokkenheid assosieer nie.”
Afrikaans Fiksie, Fiction
Die swye van Mario Salviati
R70.00
Author: Etienne van Heerden
Condition: Used – Good
Availability: 1 in stock