Wat is so anders aan die agt matrieks wat meneer Venter en Juffrou Kotze vir ‘n hele vakansie na ‘n eensame strand toe wil neem? Is hulle nie maar net gewone, bedorwe rykmanskinders uit ‘n elite skool nie? Nie as jy van nader kyk en luister nie; veral luister.
Paul Venter weer so ‘n vakansie is ‘n resep vir ‘n ramp, maar hy kan nie nou tou opgooi nie. Dit is hierdie kinders se laaste kans om so te herstel dat hulle matriek kan skryf en daarna in ‘n gewone samelewing, saam met ander stukkende mense kan funksioneer. Hy kan net wonder hoeveel van die oorspronklike kosbare hout darem bruikbare dryfhout sal word en hoeveel opdrifsels by hulle reunie, na vyf en twintig jaar, gaan uitspoel.



