,

Gesteelde Bruid

R30.00

Author: Wille Martin

Condition: Used – Very Good 

Out of stock

Guaranteed Safe Checkout

Huibrecht en Deon de Rooij is twee jong Suid-Afrikaners wat nooit hul ouers geken het nie. Hulle word grootgemaak deur professor Rabie de Rooij.

Na die professor se dood en die ontbinding van die sirkus waar hulle gewerk het, is Huibrecht en Deon skielik sonder heenkome in ‘n vreemde land – Argentinie.

Hulle probeer op verskeie maniere geld bymekaarmaak vir ‘n passaat terug Suid-Afrika toe. Deon pas die dobbel- en kulkunsies toe wat  “Prof” hom geleer het terwyl Huibrecht klante bedien in die cantina. Wanneer die drinkers vrolik raak, veil hy Huibrecht op en word daar flink gebie. Huibrecht sorg egter dat sy verdwyn voordat die “koper” nugter raak.

So gebeur dit dat sy ‘n tweede keer gekoop word deur ‘n Argentyn, Manuel de Swardt. Hy is nie van plan om weer ‘n keer gekul te word nie. Dus bind hy Huibrecht met ‘n ketting vas, laat haar op ‘n perd klim en vertrek met haar die onbekende in.

Huibrecht se avonture op reis na sy plaas, Rio Negro, word ook ‘n reis op die pad na ware liefde …

Shopping Cart