Hemel op aarde is nie moontlik nie. Want geluk is wispelturig en uitsoekerig, en so tydelik soos die lewe self.
Vir Tina Maarman se familie in “Ebenyster” wat in baie gunstige omstandighede werk en leef, bring die afsterwe van die plaaseienaar ‘n skielike omwenteling wat sommige van hulle dwing om hul geluksoord te verlaat. Net so keer die dood van Duif in “Oesjietjie” die beskutte wêreld van sy aangenome dogtertjie Usche tragies onderstebo.




