In die hartjie van die Vrystaat is daar ‘n plek waar die hemel en die hel bymekaarkom. Dit is ‘n netjies versorgde huis met ‘n wit muur daarom. Agter die muur ontvou verhale waarvan bitter min mense ooit hoor. Die huis met die wit muur is ‘n kliniek vir depressielyers.
In Hemelhel stap jy saam met ‘n jong pasiënt die kliniek binne, en jy ervaar hierdie onbekende, afgeslote wêreld deur sy oë.