Nellie van der Merwe het nog altyd die een ding gedoen wat ‘n konvensionele, middeljarige, wit, Afrikaanse vrou veronderstel was om te doen – sy het stilgebly. Daarmee het sy haar plek in haar huwelik, haar gesin, haar familie, die kerk, haar werksomgewing in die samelewing en in die land gekoop, en daarmee het sy die goedkeuring verdien van almal wat klaarblyklik die reg gehad het om haar waarde te bepaal.
Dan word sy 50 en haar wereld kantel – ‘n histerektomie sny haar los van die ding wat fisiologies van haar ‘n vrou gemaak het……en skielik maak dit nie meer sin nie.



