Die Duitse volkekundige dr. Hans Rathenow is die eerste Westerling wat toegelaat word om die onherbergsame platteland van China te besoek. As skrywer van reisverhale en kenner van die ryk Chinese kultuur is dit vir hom die kans van ‘n leeftyd.
Begelei deur sy beeldskone reisgids, die vyf-en-twintigjarige Wang Lijoen, betree hy die sprokiesagtige wereld van die Naksi’s en die Bai’s, en niksvermoedend ook die terrein van ‘n ander, verswee Chinese subkultuur, die gevreesde Triade.
Soos ‘n skaduwee agtervolg Sjen Jiafoe se handlangers die volkekundige en sy reisgids eers na die drie tempels van Dali, die sneeuberge van Lidsjiang, en dan na die afgelee gebiede van die Ji en die Mosoeo langs die romantiese Loegoe-meer. En soos die dae oorgaan in weke, grynslag Sjen Jiafoe en die Gao Lao al hoe breer. Alles verloop volgens plan.