Dokter Carol Briers is ‘n weduwee met ‘n vyfjarige seuntjie, Kenny. Haar man, Kenneth, is in ‘n vliegtuigongeluk dood toe Kenny maar net drie maande oud was. Toe Kenny vier jaar oud was, het sy vennoot geword in die praktyk op die klein dorpie, Helderstroom.
Toe word Kenny gediagnoseer met leukemie en Carol is platgeslaan.
Vir Carol voel dit soms of alles te veel raak, want Kenny se toestand wissel – en daarmee saam haar geloof – en tussendeur hunker haar hele wese na Barry…



