In Haversleigh Universiteit lê ‘n vreeslike geheim opgesluit: dit het aanleiding gegee tot ‘n raaiselagtige legende. In hierdie kusdorpie is daar tans besig om ‘n duiwelse komplot te ontwikkel, wat sy arms, nie alleen om die mense van Haversleigh nie, maar ook daar buite, vou.
Patrick Keene beland in ‘n woeste geveg tussen goed en kwaad as hy betrokke raak wanneer ‘n student verdwyn, en moet veg vir sy eie siel. Met sy vernuf en ‘n onsigbare beskermengel, pak hy die genadelose vyande aan. Tussen al die gebeure deur ontmoet hy die lieflike Diana Shepherd wat sy hele lewe verander.
Vir polisiesersant Paton is dit ‘n geveg teen tyd om ‘n moord te voorkom, maar die bose magte verhinder hom om elke draai.




