Wat is dit dan met my dat ek alewig op soek is na ‘n huis? vra Riana Scheepers in een van die sketse van hierdie bundel. Oral waar sy reis, kom sy af op ‘n huis wat sy wil koop, al is dit net met die oë.
En dan stel sy voor hoe so ‘n huis bewoon moet word, of dit nou ‘n herehuis in Ierland is of ‘n Karoohuisie in Loxton, ‘n trappiesgewelhuis in Vlaandere of ‘n skuur naby Malmesbury. Of les bes die liefste huis van almal: haar eenvoudige vissershuisie aan die Weskus.