Op ‘n fynbos plaas in die Langkloof word die oorskot van vier jongmense gevind.
Onder die wat antwoorde soek is die amper-afgetrede joernalis Luther en die Struggle-veteraan Mosman. Mosman is direkteur van ‘n obskure intelligensieafdeling, bemoeid met die identifikasie van die oorskot van mense wat verdwyn het tydens die geweldadige doodsnikke van apartheid, en die opsporing van hulle moordenaars.
Navrae lei hulle albei na Luca Thom, mariene bioloog en seun van die polisieberader Eddie Thom, en na die jaar toe Luca sy pa verloor het.





