Wren Evans voer ‘n voortdurende stryd om haar seun te beskerm teen die gevare van die lewe. Op ‘n dag vind sy self skuilplek…in die laaste plek wat sy ooit verwag het.
In ‘n klein huisie langs die kus van Maine maak Wren Evans haar begaafde seun, Charlie, groot. As ‘n enkelouer het sy hard geveg om vir Charlie ‘n stabiele en veilige huis te bied.
Wanneer Charlie deur ‘n gesiene musiek-akademie in Boston genader word, besluit Wren om daarheen te verhuis. Dit is gedurende hierdie tyd dat Wren se lewe in chaos gedompel word. Sy staar die uitdagings van enkelouerskap in die gesig, ondervind probleme by die werk en boonop daag haar ouma, Ruth, onverwags by haar huis op met ‘n vreemde versoek.
Ruth dring daarop aan dat die familie vir oulaas by hul vakansiehuis bymekaar kom, waar ‘n ongeluk jare gelede Wren se vreedsame kinderjare verwoes het. Wat Wren egter nie weet nie, is dat Charlie gereeld vir haar bid en dat hierdie onskuldige gebede hulle albei se lewens vir altyd gaan verander.
‘n Soete skuilplek is ‘n storie van genade en vergifnis waartydens ou wonde genees, nuwe liefde blom en die gebede van ‘n kind op die mees onverwagse manier beantwoord word.