In ‘n klein tuinwoonstelletjie sit en luister ‘n oudonderwyser een stormagtige aand na ‘n vrou wat met heimwee sing van ‘n rivier in ‘n ander land, van die verlies van ‘n vaderland, en van ‘n koesterende wêreld. Min weet hy wat wag op hom die volgende dag… Dat die verlede ‘n manier het om jou spoor te volg, en jou te dwing terug na waar alles begin het.
Op ‘n dag, ‘n hond, is ‘n besinning oor die vervlietendheid van die menslike bestaan en weerspieël eindelik ‘n merkwaardige insig in die mens se lot. Dit is ‘n aangrypende roman en word, soos altyd, gekenmerk deur Miles se aweregse humor.




